USAF

Ons wil nie meer...

Ons wil nie opbou net om te sien hoe dit afgebrand word nie.
Ons wil nie in ‘n misdaad geteisterde gemeenskap lewe nie.
Ons wil nie in ‘n gemeenskap lewe wat nie Godsvresend is nie.
Ons wil nie ‘n korrupte polisiediens vrees nie.
Ons wil nie hard werk, belasting betaal en sien hoe dit gesteel, gemors en deur staatsbeheerde liggame soos SAA, Eskom, PRASA ens. misbruik word nie.
Ons wil nie sien hoe plaasmoorde en moord op enige ander mense eenvoudig geïgnoreer word nie.
Ons wil nie ons afsloof om n besigheid op te bou en dit word deur BEE weggevat.
Ons wil nie bang wees om saans uit te gaan of te gaan stap nie - ons wil eenvoudig weer lag, gelukkig wees en vry voel.
Ons wil nie beheer word deur leiers wat rassehaat verkondig, onbevoeg is en ‘n lewe van weelde lei op onkoste van die landsburgers.
Ons wil nie skuldig voel omdat ons wit gebore is nie - ook nie vir kolonialisme en “wit monopolie kapitaal” nie.
Ons wil nie bekommerd wees oor wanneer ons van ons eiendom waarvoor ons hard gewerk en betaal het, onteien gaan word nie.
Ons wil nie in n land wees waar enige rassisme is nie.
Ons wil nie sien hoe oningeligte mense aan hul neuse rondgelei word deur hul korrupte leiers en nie verstaan wat hulle eie leiers aan hulle doen nie - ons wil nie meer die politieke spel speel nie.

Ons wil nie meer...

Ons is nie meer trots op ons eens pragtige Suid Afrika nie.
Ons wil nie meer opstande sien, die vernietiging van eiendom, diefstal en brandstigting nie.
Ons wil nie meer werkloos wees net omdat ek die verkeerde velkleur het nie, selfs al het ek ‘n hard verdiende Universiteits graad.
Ons wil nie meer bekommerd wees oor ‘n ekonomie wat bly agteruitgaan en die rand wat aanhoudend waarde verloor nie.
Ons wil nie meer vrees vir ons geliefdes se veiligheid wanneer hulle die huis verlaat nie.
Ons wil nie meer tweede klas burgers in ons eie land wees nie.
Ons wil nie meer voel ons woon in tronke terwyl misdadigers vry rondbeweeg op straat met meer regte as onskuldige mense nie.
Ons wil nie meer bang wees dat ons ons werk kan verloor net oor die kleur van ons vel nie.
Ons wil nie meer voel dat daar geen toekoms is vir ons of ons families nie.
Ons wil nie meer deel wees van die sogenaamde reënboognasie nie. Dit het in n swart tornado verander wat alles insluk en vernietig wat oor sy pad kom.
Ons wil nie meer bekommerd wees oor wat die toekoms inhou vir ons kinders, ons kleinkinders en ons bejaardes die dag as ons nie meer daar is nie.
Ons wil nie meer herinner word aan apartheid en verantwoordelik gehou word vir wat ons voorouers gedoen het nie.

Ons wil nie meer...

Ons wil nie meer vrees vir ons lewens en die van ons familie op die paaie, by die werk en by die skole nie.
Ons wil nie meer vrees vir gewapende roof en dat ‘n pistool teen jou kop gedruk word terwyl jy slaap nie.
Ons wil nie meer regeer word deur mense wat nie dieselfde integriteit, morele waardes, beginsels en geloof het as ons nie.
Ons wil nie meer regeer word deur mense wat hulle nie steur aan reëls, regulasies en selfs die grondwet nie.
Ons wil nie meer in vrees lewe nie, maar die eenvoudige en kosbare dinge in die lewe ervaar en geniet.
Ons wil nie meer bydra tot hierdie land wat niks gee maar slegs neem nie.
Ons wil nie meer my wasgoed die hele huis vol ophang in plaas van buite nie.
Ons wil nie meer opgesluit wees in ons huise terwyl ons tuine buite vergaan nie.
Ons wil nie meer ons kinders in huise hou en nie buite in die parke laat speel of in die strate laat fietsry in vrees dat iets met hulle kan gebeur nie.
Ons wil nie meer n deel wees van n staat wat gekaap is deur gulsige bendes nie.
Ons wil nie meer omgekeerde rasisme ervaar nie.
Ons wil nie meer belasting betaal aan ‘n regering wat ons wettige eiendom wil vat sonder enige vergoeding nie.

Ons wil n plek hê......

Ons wil n plek hê waar ons saam kan bou aan 'n toekoms en deel in vooruitgang, om deel te wees van ‘n gemeenskap wat opbou in plaas van afbreek, belasting betaal en wetsgehoorsaam is.
Ons wil n plek hê waar slegs werkende individue wat bydra tot die opbou van ons land mag stem in n verkiesing.
Ons wil n plek hê waar my pogings en my dade my toekoms kan bepaal.
Ons wil n plek hê waar dit moontlik is om n besigheid op te bou, en dit aan my nageslag en familie te kan oorhandig.
Ons wil n plek hê waar wet en orde aan die orde van die dag is.
Ons wil n plek hê waar ons standbeelde en monumente kan oprig en waar ons trots kan wees op ons geskiedenis, ons verlede en ons toekoms.
Ons wil n plek hê waar ons kinders n toekoms het.
Ons wil n plek hê waar ras geen rol speel nie.
Ons wil n plek hê waar mense met dieselfde denkwyse bou aan n toekoms, met die hoeksteen van wedersydse respek.
Ons wil deel wees van die skep van 'n veilige, onbevooroordeelde nie-rassige toekoms vir my kleinkinders.
Ons wil n plek hê waar misdaad en korrupsie so swaar gestraf word.
Ons wil n plek hê waar verkeersreëls streng nagekom word en die polisie die nodige respek afdwing om wet en orde te handhaaf.
Ons wil n plek hê met n stabiele geld-eenheid en n sterk ekonomie.
Ons wil n plek hê waar ons belasting geld gebruik word vir die verbeteringe van infrastruktuur soos paaie, mediese dienste, skole en universiteite.
Ons wil n plek hê waar die bes gekwalifiseerde of die beste kandidaat vir die werk aangestel word.
Ons wil n plek hê wat is soos die Suid Afrika wat ons eens geken het.
Ons wil n plek hê waar vrede en geluk aan die orde van die dag is.
Ons wil n plek hê waar daar vrede in ons harte is.
Ons wil n plek hê waar almal hul belasting bydraes betaal.
Ons wil n plek hê waar vrede, liefde en deernis aan die orde van die dag is.
Ons wil n plek hê met ‘n goeie en bekostigbare mediese stelsel vir almal.
Ons wil n plek hê waar alle rasse gerespekteer word en gelyke geleenthede vir elke burger gewaarborg is.
Ons wil n plek hê waar Christenskap nagestreef en uitgeleef word in skole en alle ander instansies.
Ons wil n plek hê waar grensbeheer toegepas word en onwettige immigrante onmiddellik terug gestuur word na hul land van herkoms.
Ons wil n plek hê waar elke mens en elke burger liefde, goedgesindheid en versoening sal uitstraal.
Ons wil n plek hê waar plakkerskampe nie meer bestaan nie, maar waardige behuising aan inwoners verskaf word.
Ons wil n plek hê waar ons president ons belange op die hart dra en ons respekteer.
Ons wil n plek hê waar elke dwelmhandelaar wat dwelms aan ons kinders verskaf summier opgesluit en tronkstraf opgelê word.
Ons wil n plek hê waar ons polisielede weer gerespekteer word.
Ons wil n plek hê waar dit duidelik is, as jy nie werk nie, het jy niks om te eet nie.
Ons wil n plek hê waar ons slegs ‘n nageslag bou wat selfonderhoudend is.
Ons wil n plek hê ons nie bedreig voel nie en waar ons kan veilig voel sonder elektriese omheinings, mure en diefwering.
Ons wil n plek hê waar enterpreneurskap aangemoedig word, mense hul eie besighede oopmaak en aan ander hul kennis en vaardighede oordra. Sodoende verseker ons vooruitgang.
Ons wil n plek hê waar mense kan trots wees op hulle volk en hulle regering.
Ons wil n plek hê waar mense die verskil tussen reg en voorreg ken en verstaan.
Ons wil n plek hê waar ons kinders kan skoolgaan en studeer in hulle eie taal en hulle geleer word van hul eie geskiedenis.
Ons wil n plek hê waar kinders saam kan stap en speel sonder die vrees dat hulle beroof of selfs moontlik vermoor sal word.
Ons wil n plek hê waar dit moontlik is om alleen te gaan stap in die berge, die bos, strand en nasionale parke sonder om te vrees dat jy aangeval of selfs verkrag of dalk vermoor sal word.

Die hordes vernietig ons mooi land!
Geweld en wetteloosheid elke dag!
Leiers wat sosialistiese en kommunistiese ideologie nastreef!