Digitale e-Bankstelsel

Sekuriteit en veiligheid van Digitale valuta en transaksies

Ons wêreld is gevul met gevalle van bankbedrog en diefstal, veral in die aanlyn-inkopiesfeer. In plaas daarvan om aanlyninkope te vrees omdat u kredietkaartbesonderhede dalk misbruik mag word, is digitale geldeenhede tans die veiligste, vinnigste en maklikste manier om aanlyn te koop sonder risiko of verlies.

U besit dit

In plaas daarvan om u fondse in banke te beveilig en te spaar, en deur makelaarshuise beleggings te doen (waar u onderworpe is aan hul terme en voorwaardes, en enorme somme geld aan hulle te moet oorbetaal om u geld te stoor), laat elektroniese geldeenhede u toe om te hou wat aan u behoort sonder bykomende fooie.

Konfidensialiteit en Privaatheid

Waar banke volledige kennis van u en u begunstigde se persoonlike besonderhede vereis om 'n transaksie te bewerkstellig, vereis digitale valutatransaksies nie meer inligting vanaf u, as wat u gemaklik voel om te voorsien nie. Vir mense wat privaatheid en anonimiteit verkies, is dit een van die grootste voordele van 'n digitale geldeenheid.

Aan almal beskikbaar

Meer as tweemiljard mense regoor die wêreld, het toegang tot selfone en internetdienste. Dit open die valutamark vir almal. Die ontwikkelingsplatform vir digitale geldeenhede is ontwerp om die probleme van toegang tot banke, asook hoë bankkoste, hoë rentekoerse en verskillende faktore wat die oorgrote meerderheid van mense beïnvloed, te verlig.

Kits transaksies

Wanneer eiendom of voertuie aangekoop word, (en met inagneming van die koste van prokureurs, en die tyd wat dit neem om bankgoedkeurings te bewerkstellig), is die opstel van kontrakte tydrowend en duur. 'n Digitale geldeenheid laat u toe om onmiddelike betalings en skikkings op eiendoms- en batetransaksies te maak.

Hierdie transaksies vereis nie tussengangers nie, en aangesien die hele ketting gedesentraliseer is, is dit gegrond op 'n gelyke vlak stelsel, wat ook die wisselkoersprobleme wat bestaan met grensoorskryende transaksies vermy. 'n 'Slim virtuele ekonomie' proses verseker ook dat die transaksies op rekord geplaas word en wettig is, sonder om regskostes en makelaarskostes aan te gaan.

Veral met grensoorskryende transaksies, oorkom die digitale geldeenheid hindernisse van fooie, wisselkoerse en heffings waarmee maatskappye dikwels andersins belas word. Dit is 'n doeltreffende manier om bates oor te dra sonder om groot kostes aan te gaan.

Bekostigbare Transaksiekostes

Op die digitale platform word daar 'n minimale fooi gehef om die deurvoering van algemene transaksies te bevestig. Dit staan in strak teenstelling met banke waar daar vir elke deel van die prosessering van transaksies, betaal moet word.

Meer belangrik, is dat grensoorskryende transaksies en oordragte baie hoë koste tot gevolg het, omdat banke en formele instellings verskillende voorsieners gebruik vir die mobilisering van fondse en die uitruiling van valuta. Wereldwyd word ongeveer US$ 540 miljard jaarliks terugbetaal. Daar is 'n minimale koste verbonde aan grensoorskryende transaksies wanneer 'n digitale geldeenheid gebruik word, maar dit is aansienlik laer as wat deur banke vereis word.

Verder verlaag 'n gelykevlak stelsel, die transaksiekoste verskuldig deur 'n derdeparty wanneer transaksies bedryf word.

Gaan U terugstaan en toelaat dat die ANC alles konfiskeer wat u ooit voor gewerk het?
Dit, nadat hulle alreeds die hele land in bankrotskap gedompel het?

Thank You

PayApp DigibanQ is nou geregistreer as United Minorities Transactional Reserve, 'n Niewinsgewende maatskappy (NWM), UMTR werk met 'n Digitale Geldeenheid (VGE) huidiglik teen 1:1 met die Suid Afrikaanse Rand.

Posisie van die SARB?

"VGE'e" word nie as wettige betaalmiddel in die Republiek van Suid Afrika (RSA) erken nie. "VGE'e" word nie gesteun en/of onderskryf deur die SARB nie, aangesien dit onafhanklik van die sentrale bank bedryf word. Daar is huidiglik geen spesifieke wette of reels in die RSA, wat die gebruik van "VGE'e" beheer nie, dus volg dit logies, dat daar huidiglik geen vereistes is, waaraan enige handeldryf met hierdie vorm van geldstelsel, in die RSA voldoen moet word nie.

www.payapp.co.za » » »