Die Boerelegioen

Boerelegioen en USAF het besluit om 'n sterk band te vorm en saam 'n pad te loop, ('n pad wat geskoei is deur ons Christelike oortuigings en ons begrip dat sommige deure nodig het om ingeskop te word, en nie net om te sit en praat nie), Ons het vroeg in 2018 by 'n ASK-vergadering ontmoet, en daar het ons tot die besef gekom dat ons na 24 jaar, nie nader was aan 'n oplossing om ons mense te red nie. Trouens, die huidige politieke partye praat nog steeds op vergaderings grotendeels van afskeiding en selfbeskikking.

Ons het met byna al die organisasies met wie ons kon, ontmoetings gehad, en dit sluit in, Capexit, ULA, NKP, Kaapse Party asook baie ander nie-politieke groepe. Ons het uitgevind dat die meeste van hulle slegs 'eie belangepolitiek' bedryf en ons was in die rug gesteek deur hulle. Nadat hulle ooreenkomste gesluit het met ons, het hulle teruggedraai op hulle woord, net soos goeie politici ... Dus het ons tot die slotsom gekom dat dat daar GEEN huidige politieke party is, wat ons ondersteuning verdien nie.

Intussen het ons aanhou soek en 'n groep gevind met 'n redelike lewensvatbare idee om die 'selfbeskikkings- afstigtingswater' te toets binne die vinnigste moontlike tydsraam.

Dit was die Khoisan-afstigtingspoging onder die sogenaamde King Cornelius III. Soos ons weet, het dit misluk en dit,... om een baie belangrike rede ... As u nie 'n groot genoeg leërmag het om die grondgebied wat u beset en afgestig het,te kan verdedig nie, dan gaan u niks meer vermag, as net om 'n vlag te hys nie...

Ons is nou net 'n handjievol mense in die wêreld wat deur elkeen van die stappe gegaan en deur 'probeer en misluk', besef het wat die seëning van 'n onafhanklikhe staat sal verg ...

So... dit los ons met die Boerelegioen en USAF, wat met ons afsonderlike take mekaar ondersteun en onderskraag en ons werk saam as 'n EENHEID ... Op hierdie manier sal Boerelegioen en USAF 'n virtuele nasie bou. (Deur effektief 'n volle afstigting te bewerkstellig sonder om grond te neem). Ons sal ook ons ekonomie terugneem, ons eie fondse beheer en die waarde daarvan skep deur ons eie virtuele geldeenheid, en ons eie bankstelsel te gebruik. Ons sal ons eie volwaardige afwagtende regering skep. Intussen skep ons werk vir ons mense, en ons het ook ons eie handelsplatforms geskep. Ons het ons "landregister" geskep waar ons land onafhanklik kan verklaar wanneer die tyd ryp is, en sodoende ons armes, indien moontlik, uit armoede kan help.

Boerelegioen sal fokus op die beskerming van ons mense in elke dorp. Dit sal gedoen word deur groepe en 'n sekuriteitsmaatskappy te skep wat in elkeen dorp aktief sal wees en ons sal ook ons mense oplei en vaardig maak om professioneel in daardie sekuriteitsmaatskappye te dien. Ons sal voortgaan om reaksiemagte te ontwikkel en op te lei om bystand te verleen in plekke waar die veiligheid en eiendom van ons Volk bedreig word en ons sal voortgaan om binne die omvang van die wet en met wetstoepassingsagentskappe saam te werk.

Elkeen van ons moet deel van BOERELEGIOEN wees, aangesien dit die organisasie is wat ons bewus maak van die bedreiging, ons oplei, ons voorberei en uiteindelik red ons wanneer die dag kom ... dit is die beste groep in Suid-Afrika en sonder gelyke ... klik nou op die onderstaande skakel, en sluit aan!